Local newsNews

Digter bied digkunsaand op Secunda

Von Villon bied werkswinkels aan.

Die plaaslike digter, Von Villon, het op 25 Mei ’n Digkunsaand by Kedi Art Atelier & Art Shop aangebied en sy nuutste digbundel, Liefdesweë, bespreek wat hy verlede jaar bekendgestel het.

Villon het sy lewensverhaal gedeel en gepraat oor hoe dit in sy poësie weespieël word.

Hy is verlede jaar as een van die top 10 digters in Suid-Afrika aangewys in die INK dig- en skryfkompetisies.

Villon is ook ’n Christelike berader en bied gratis werkswinkels aan, onder meer ook ’n werkswinkel spesifiek vir tieners.

Hy gaan ook by die Lake Umuzi Kunstefees van 4 tot 7 Julie betrokke wees.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Villon na weetwiejyis@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button