Local newsNews

Sopkombuis op Standerton verwelkom nuwe vrywilliger

Pastoor Suzan Thwala 'Ntsoaki' van die St Phul Alliance het Yolandi Kasselman ontmoet tydens ’n dwelm bewusmakingsveldtog vroeër die week.

Kasselman Veiligheidsdienste het die week ’n nuwe vrywilliger verwelkom by hul weeklikse sopkombuis.

Pastoor Suzan Thwala ‘Ntsoaki’ van die St Phul Alliance het Yolandi Kasselman ontmoet tydens ’n dwelm bewusmakingsveldtog vroeër die week.

Tydens die seminaar het Kasselman vir Thwala vertel van die wonderlike werk wat elke week deur die sopkombuis verrig word.

Thwala het sonder huiwering ingestem en het flink reggestaan om op 23 Mei by te dra. ‘n Totaal van 295 haweloses is van kos voorsien en hul siele is deur Thwala vergoed, wat gebede oorgedra het.

Thwala was opgewonde om die projek by te woon en sien uit om die volgende week weer saam die goedhartige vroue van Kasselman Sopkombuis te vergader.

Die Kasselman Sopkombuis vind plaas elke Woensdag om 13:00 waar maaltye aan behoeftiges uitgedeel word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button