Local newsNews

Lede van VLU se Vaalrivier-tak op Standerton se gebak beoordeel

Monica Swart het derde geëindig met die gebottelde- en gebakitems, terwyl Maryna van Emmenis, voorsittter van Vaalrivier-tak, eerste was met haar gebottelde item en tweede met gebak.

Die VLU Vaalrivier-tak het op 4 Junie ’n vergadering by ’n koffiewinkel op die dorp gehou.

Carien Schabort, Tambuki streeksvoorsitter en gekwalifiseerde beoordelaar het die gebak en gebottelde kompetisie-items van Miami beoordeel.

Miami het ’n geborgde kompetisie wat van takvlak tot by die SAVLU kongres aandag sal geniet.

Monica Swart het derde geëindig met die gebottelde- en gebakitems, terwyl Maryna van Emmenis, voorsittter van Vaalrivier-tak, eerste was met haar gebottelde item en tweede met gebak.

Gerda Büter, Hoëveld streeksvoorsitter het eerste met gebak geëindig en tweede met haar gebottelde item.

’n Demonstrasie oor ekoestiese waskuns is ook aangebied.


Related Articles

Back to top button