CrimeLocal newsNews

Twee van Secunda verskyn weer in hof op aanklagtes van bedrog

Zane Calitz en Christo Boshof verskyn weer op 26 Junie en 26 Augustus in die howe.

Zane Calitz en Christo Boshoff, die twee mans wat glo baie mense ingedoen het deur geld vir sonpanele te neem en dan nooit die panele op te sit nie, het op 21 Junie weer in die Secunda Landdroshof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagtes van diefstal en bedrog. Die twee is op 18 Februarie in hegtenis geneem nadat verskeie mense klagtes by die polisie aangemeld het.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen die twee.

Die landdros het op 21 Junie in die hof gesê hul Secunda-saak sal nou by die Evander-saak gevoeg word en hulle verskyn op beide dié sake op 26 Augustus in die Evander Streekhof.

Hul saak by die landdroshof op Kriel is uitgestel na 26 Junie. Die twee bly steeds in aanhouding.



LEES OOK: Officers from Evander are being accused of assault

LEES OOK: GMM warns Leandra businesses about water pollution in catchment areas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button