Vrou van Standerton is verheug oor nuwe kunsbeen
Whity kom deesdae goed oor die weg wanneer sy loop.
Whity Whiteman, gedoop Orpa Whiteman, het sedert Desember 2023 uitstekende vordering gemaak in haar reis om weer te loop na haar been weens diabetes, ook bekend as suikersiekte, geamputeer was.
Whity het in die afgelope sewe maande twee kunsbeen skenkings van barmhartige Samaritane gekry.
Hoewel sy baie dankbaar was vir dié wonderlike geskenke, was die een kunsbeen te groot en die ander een te klein.
Sy het met groot opgewondwenheid op 18 Julie haar eie kunsbeen ontvang, wat heeltemal aan haar behoeftes voldoen. Volgens Whity het sy die volgende dag reeds begin oefen om op die been te loop.
“ˆn Mens weet werklik nie wat jy verloor tot jy dit terugkry nie,” het sy gesê.
Van die oomblik af wat die kunsbeen gemeet is, totdat dit afgelewer is, het ’n maand verloop. Die nuwe kunsbeen is deur die staat verskaf. Whity erken sy het steeds probleme het met spookpyne.
“Dit is vreeslik erg wanneer dit voel asof my been wat nie meer daar is nie, jeuk en dan kan ek nie krap nie,” het sy gesê.
Haar grootste ondersteuner deur die hele proses is haar vriend, Dawie van Graan.
“Hy is my steunpilaar.” het Whity gesê.
Sy reken haar gesondheid is piekfyn. Hoewel sy haar suiker noukeurig moet dophou, meen sy dat sy oor niks kan kla nie.
“Ek kyk die wêreld vierkantig in die oë; ek het ‘n nuwe lewe en nuwe uitdagings, maar al wat ek kan doen is om die Here prys.”
LEES OOK: Newborn’s body found in a bucket in eMbalenhle
LEES OOK: Lekwa Fire Protection Association addresses safety hazards at dumping site



