Local newsNews

Standerton se sakelui pak slaggate

Die volgende stap in die proses is om die res van die straat te teer.

AfriForum het in samewerking met Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) en die Northern Light Foundation (NLF) die slaggate in Bergstraat voor Hoërskool Standerton opgevul.

Die Lekwa Munisipaliteit het egter ingestaan en hul handewerk aangebied om hierdie projek voorwaar ’n sukses te maak.

Die projek het op 1 Augustus afgeskop en was op 2 Augustus voltooi.

Die volgende stap in die proses is om die res van die straat te teer, wat na bewering teen 9 Augustus sou plaasvind.

“Die munisipaliteit se span het vreeslik baie moeite in die projek ingesit,” het Leon Enslin, voorsitter van Afriforum op Standerton, gesê.




ALSO READ: GMM admits to admin error in tariff increase

ALSO READ: Entities handed over state-of-the-art old age centre in Leandra

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button