Hengelaars trek reuse visse na wal in Meyerville Hengelklubkompetisie
Anita Pretorius het die swaarste karp vir die dag uitgetrek en het die vroue-afdeling gerwin.
Die Meyerville Hengelklub het op 17 Augustus vergader vir ’n hengelkompetisie. Die hengelaars het om 06:00 hul eerste lyne natgemaak en het vis uitgetrek tot en met 15:00.
Sowat 36 hengelaars het hul beste visstokke afgestof vir die byeenkoms. In die mansafdeling, het Chris Lotter die swaarste modderbek, wat ingeweeg het op 0.740 kg, uitgetrek.
Francois Scheepers die swaarste karp vir die dag aan wal gebring. Dié vis het 3.48kg geweeg, maar was nie die grootste vangs vir die dag nie.
Anita Pretorius het die swaarste karp vir die dag uitgetrek en het die vroue-afdeling gerwin.
Pretorius het omtrent ’n geveg met dié 4.06kg karp gehad.



LEES OOK: Hengelaars kap die visse vas in Trichardtsfonteindam
LEES OOK: Hengelaars vang 174 vis by Grootdraaidam op Standerton



