Ouerpaar trap tandemfiets in ysige weer ten bate van Laerskool Eloff
Die res van die roete sluit in die weste van Swaziland na Baberton, Kaapsehoop, dan deur Dullstroom en Bronkhorstspruit in - ’n totaal van 1 100km.
Lambert en Nicolene Langerman het vanjaar vir die tweede keer die lang pad op hul tandemfiets aangepak.
Hulle samel so geld vir hul geliefde Laerskool Eloff deur middel van BackaBuddy in.
Die egpaar het om 08:00 op 20 September in ysige weer en met stormsterkwinde vanaf die sportveld by Laerskool Eloff vertrek.
Met die leerders, onderwysers, baie seën en wense vir die wind van agter is hulle op een van dié koudste dae daar weg.
Die eerste stop sou Secunda wees, maar nadat hulle sowat 89km afgelê het in ’n ysige 7°C temperatuur en met winde van 30km/h reg van voor, moes die span op dag een tydelik op Evander halt roep.

Dit het hulle egter nie gekeer nie en na ’n nagrus en lekker kos by ds Evert Bergh en sy vrou Ranelda op Bethal, kon hulle weer vetrek.
Hulle het weer op 22 September in die pad geval en het om 08:56 deur die grens by Swaziland gery.
Die res van die roete sluit in die weste van Swaziland na Baberton, Kaapschehoop, dan deur Dullstroom en Bronkhorstspruit in – ’n totaal van 1 100km.
Van daar is dit terug skool toe – nege dae in totaal op die saal van ’n tandemfiets. Laerskool Eloff, bestaande uit sowat 300 leerders, beroem hulself daarop dat hulle ’n klein Afrikaanse plaaskooltjie in Mpumalanga is.

Die minimale skoolfonds is slegs R1 500 per maand, waarvan sowat 50% gesubsideer word.
“Ons wil graag ons robotika-klas en tegnologie opgradeer en die insameling is dus vir ons baie belangrik,” het die skoolhoof, Louise van Niekerk, laat hoor.
Om ’n hierdie uitmergelende tog vir die Langermans die moeite werd te maak en Loffies se droom vir die nodige opgradering moontlik te maak, kan ’n skenking op die Trap-vir-laerskool-eloff-2 se backabuddy blad gemaak word.
LEES OOK: Municipality remove illegal connections in eMbalenhle
LEES OOK: Bodybuilder from Trichardt needs help to get to Netherlands







