Local newsLocal sportNews

Standerton Buiteklub hou naweek makietie

Die klub het ’n nag gholfkompetisie aangebied, waar balle soos verskietende sterre in die nag vertoon het.

Die Standerton Buiteklub het op die naweek van 18 Oktober spelers gelok met allerei toernooie waaraan die gholf entoesiaste kon deelneem.

Op die aand van 18 Oktober was die baan belig met hordes LED kerse en die gholfballe het soos verskietende sterre deur die lug getrek.

Ses-en-twintig spelers het aan die kompetisie deelgeneem.

Lourens Swart het die nagtoernooi gewen met 22 punte, gevolg deur NT Coetzee met 21 punte. Johan Griesel het in die derde posisie beland met 20 punte, Henk Graaf het ook 20 punte gekry en het die vierde plek gevul.

Werndley Eksteen het in die vyfde plek beland en het 19 punte bymekaargemaak. In die weeklikse IPS kompetisie op 19 Oktober het 15 spelers deelgeneem.

Theuns Adendorf het dié kompetisie gewen met ’n netto puntetelling van 38. Jacques Nel en Nick Momberg het elkeen 37 punte op hul telkaarte ingevul.

Joré Nortjé het 36 punte bymekaargemaak. Johardt Swanepoel, Gerrit Nel en Nico Lombard het elkeen met 33 punte huiswaarts gekeer.

Patrizia Lombard het 31 punte gekry, gevolg deur Francois Cronjé (30). Hennie Swanepoel en Aldo Arnaldi het elkeen 29 punte op hul telkaarte ingevul.

Deon Grimsel het die spel klaargemaak met ’n nettopuntetelling van 28. Herman Fourie het 27 punte verwerf.

Nicky Momberg het 25 punte bymekaargemaak en Mark van Vuren het die dag afgesluit met 21 punte.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button