Local newsNewsStreeknuus

Dellies presteer in fisiese wetenskap

Phoebe du Plessis het ’n eerste plek nasionaal met 97.5% te behaal.

Drie spanne van vier leerders elk van Hoërskool Delmas het onlangs aan die gesogte Multimole Fisiese Wetenskap Olimpiade vir grade 10- en 11 leerders deelgeneem.

Dellies Graad 11 span bestaande uit Elia Chibvuri, Albert Masireta, Mohau Mahlabe en Lethu Nkosi het ’n eerste plek behaal.

Vian Neethling, Petrus Hong, Teshane Bezuidenhout en Lenard Fourie het ’n sewende plek behaal.

In die Graad 10 groep het Phoebe du Plessis, Pedri Berg, Freek Smit en Thando Sibanyoni ’n algehele negende plek behaal.

Du Plessis het Dellies se naam hoog gehou deur ’n eerste plek nasionaal met ’n totaal van 97.5% te behaal.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button