Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Rayties vaar goed by robotika-kompetisie

Die Rayties se twee spanne, Code Warriors en Robo Gears, het onderskeidelik die sesde en sewende plek behaal.

Laerskool Rayton se robotika-span het op 26 Oktober aan die First Lego League Challenge, wat by UNISA in Pretoria gehou is, deelgeneem.

Dié toernooi het 37 spanne vanoor Gauteng gelok. Die Rayties se twee spanne, Code Warriors en Robo Gears, het onderskeidelik die sesde en sewende plek behaal.

Deeglike voorbereiding het die kompetisie voorafgegaan. Deur die uitdagings van die kompetisie aan te pak, het die leerders nie net hul tegniese vaardighede verbeter nie, maar ook waardevolle lesse oor samewerking en probleemoplossing geleer.


LEES OOK: We wish you luck, matriculants of Standerton


Yolandi Coetzee, die spanleier, speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van jong ingenieurs en tegnoloë. Deur haar leiding en passie vir robotika inspireer sy die leerders om nie net tegniese vaardighede te ontwikkel nie, maar ook om kreatiewe probleemoplossers te wees.

Haar visie om ‘n blink toekoms vir robotika by Laerskool Rayton te bevorder, het reeds vrugte afgewerp en die belangstelling in tegnologie onder die leerders aangewakker.

Jaarlikse uitdagings is gebaseer op werklike wetenskaplike onderwerpe soos energie, vervoer, herwinning en water.

“Spanne pak eintlik dieselfde kwessies aan as vandag se wetenskaplikes en ingenieurs,” het Yolandi verduidelik.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button