Local newsNewsStreeknuus

Besoekers geniet kuier in die tuin op Rayton

Een van die hoogtepunte van die dag was ’n prettige skattejag, wat deur die gasheergesin georganiseer is en wat vir die deelnemers ’n kans gegee het om die tuin en sy skatte te verken.

Die Premiermyn Hervormde Kerk het op 26 Oktober ’n betowerende tuinkuier dag aangebied in die tuin van lidmate Shaun en Lynette Kruger op Rayton.

Die dag het begin met ’n warm demonstrasie in die lieflike kapel, waar die bekende Kokkedoor-sjef, Lientjie Wessels, ’n gereg aanmekaar geslaan het wat die gaste se smaak geprikkel het.

Karen Viljoen, ’n landskapsargitek en skrywer vir Maroela Media, het ’n praktiese werkswinkel gegee oor hoe om ’n unieke geskenk te skep met kleipotte, klipe en vetplante – ’n aktiwiteit wat beslis die kreatiwiteit van die deelnemers gestimuleer het.

Protek het ook hul produkte bekend gestel, wat die atmosfeer van die dag nog meer lewendig gemaak het.

Die gaste is met vonkelwyn en ’n smaaklike soutigheid verwelkom, en elkeen het met ’n piekniek kardoes vertrek wat spesiale lekkernye ingesluit het.


Lientjie Wesses het vir die eetgoed gesorg. Foto: Yvette Otto

Een van die hoogtepunte van die dag was ’n prettige skattejag, wat deur die gasheergesin georganiseer is en wat vir die deelnemers ’n kans gegee het om die tuin en sy skatte te verken.

Om die samesyn te verryk, is daar ook keurstalletjies met ‘n verskeidenheid items aangebied, insluitend macrame, plante, tuisgebakte koekies, windklingels, juwele, en selfs Craft-koffie.

Die atmosfeer was vrolik en gesellig, met elke gas wat met ’n besonderse hooftooisel gespog het.

Talle geskenke en pryse het tot die dag se fleur bygedra, wat die naweek se vreugde en gemeenskaplike gees verder versterk het.

Hierdie tuinkuier dag het ‘n onvergeetlike ervaring vir al die deelnemers geskep, soos wat Yvette Otto met opgewondenheid vertel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button