Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Braaf wys Rayties hoe om moedig te wees

Gedurende die program het die leerders geleer wat dit werklik beteken om braaf te wees – om mense wat anders lyk met vriendelikheid en begrip te hanteer, en om op te staan teen onregverdigheid, soos om vir ’n grootmens te sê wanneer iemand jou boelie.

Braaf die Boerboel het onlangs in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ‘n inspirerende slypskool by Laerskool Rayton gehou.

Die fokus was op die belangrikheid van moed, en hoe dit nie net gaan oor fisiese sterkte nie, maar ook oor die innerlike krag om respek en waardigheid aan ander te betoon.

Gedurende die program het die leerders geleer wat dit werklik beteken om braaf te wees – om mense wat anders lyk met vriendelikheid en begrip te hanteer, en om op te staan teen onregverdigheid, soos om vir ’n grootmens te sê wanneer iemand jou boelie.

Die aktiwiteite was nie net leersaam nie, maar ook prakties en interaktief.

Hulle het besef dat moed nie net ’n individu se kenmerk is nie, maar ook ’n samehorige poging waar almal kan bydra tot ’n positiewe omgewing.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button