Local newsNewsStreeknuus

Begunstigdes bedank Delmas Knight

“Met haar toegewydheid en gereelde gelindinsameling veldtogte help sy elkeen van ons en daarvoor is ons baie dankbaar.”

Tanya Prinsloo is een van Toyota Suid-Afrika se Knights, maar in die plaaslike gemeenskap is sy veral bekend vir haar onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Van hierdie begunstigdes het op 18 November om 09:00 by Toyota op Delmas byeengekom om vir Pinsloo dankie te sê.
Heidi Kleuterskool se kleuters het die oggend geopen met vrolike sang en danspassies.

Begunstigdes wat by Prinsloo se liefdadigheidsprojekte, as deel van haar Toyota SA Knight portefeulje baat, is onder andere die Delmas Animal Shelter, die Jerigo Opheffingsoord, die NG Familiekerk Sundra, Laerskool Eloff, Ons Eie Ouetehuis, VKLM

DA raadslid Diane Bath, die Maria Mononyane Old Orphanage in Botleng asook die vyfjarige kankerlyer, Talitha Berg.

Almal wat teenwoordig was, het dit eens dat Prinsloo vir hulle van onskatbare waarde is.

“Met haar toegewydheid en gereelde gelindinsamelingsveldtogte help sy elkeen van ons en daarvoor is ons dankbaar,” het Jolandie Verwey van die Delmas Animal Shelter gesê.

Prinsloo het elkeen bedank wat die oggend bygewoon het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button