Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Oppie Plaas Liggiefees skitter met Kersgees en vreugde

Die liggiefees se datum verleng is tot 14 Desember sodat besoekers hierdie spesiale geleentheid kan bywoon.

Die gewilde Oppie Plaas Liggiefees is tans aan die gang by Legends buite Rayton en bring ’n feestelike atmosfeer na die hart van die gemeenskap.

Dié asemrowende skouspel van kleurvolle Kersligte en dekor trek besoekers van heinde en ver, en skep ’n magiese ervaring wat jong en ou harte laat glimlag.

Sodra jy die terrein betree, word jy begroet deur ’n wonderwêreld van ligte wat die naghemel laat dans. Kinders kyk met groot oë rond, hul stemme gevul met opwinding.

Die Kersligte is kunstig opgestel en skep perfekte agtergronde vir foto’s wat nog jare sal glimlagte bring.



Behalwe vir die visuele prag, bied die liggiefees ook ’n feestelike mark met ’n wye verskeidenheid stalletjies.

Van tradisionele lekkernye tot unieke aanbiedinge soos spookasem wat met Kersligte versier is – daar is iets vir elke Kerskous.

Vir musiekliefhebbers is daar ’n reeks optredes deur plaaslike en bekende sangers wat die atmosfeer met ritme en melodie vul.

Die goeie nuus is dat die liggiefees se datum verleng is tot 14 Desember sodat besoekers hierdie spesiale geleentheid kan bywoon.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button