Sundra SAPD-lede bevorder
“Vir kaptein Rapakgadi gaan ons beslis mis - ek kan met opregtheid sê dat hy een van dié beste speurders is. 0148
Twee van Sundra polisie se lede verlaat die stasie ná hulle verplaas is. Kaptein LC Tau gaan haar nuwe pos opneem in Mamelodi.
“Kaptein Tau is nog relatief nuut hier op Sundra en daarom nog nie baie bekend onder die gemeenskap nie,” het die bevelvoerder, kaptein Linky Olkers gesê.
Die alombekende speur-kaptein Eddie Rapakgadi is ook verplaas en neem eersdaags sy pos in Hazeyview op.
Rapakgadi is veral bekend vir die groot suksesse en doelgerigtheid waarmee hy sake aangepak het.
“Vir kaptein Rapakgadi gaan ons beslis mis – ek kan met opregtheid sê dat hy een van dié beste speurders is. Die suksesse op sy kapstok is die bewys daarvan,” het Olckers bygevoeg.
“Vir die Sundra polisie is Rapakgadi se verplasing ’n groot verlies, maar ons gun die bevordering vir hom. Dit was ’n groot voorreg om saam met hom te kon dien en ek weet dat hy dit nog baie ver gaan bring,” het Olckers bygevoeg.
“Sundra SAPD wens beide Tlau en Rapakgadi baie sukses op hul nuwe reis,” het Olckers afgesluit.




