Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Bulle vereer agterspeler van Cullinan

Markus van Loggerenberg, wat as nommer 12 senter speel, het die meeste punte in die reserwe-liga aangeteken

Markus van Loggerenberg van Cullinan is op 19 November deur die Blou Bulle Rugby Unie as die reserve liga speler van die jaar aangewys. Dié toekenning beklemtoon sy uitsonderlike prestasie gedurende die seisoen.

Van Loggerenberg, wat as nommer 12 senter speel, het in elke wedstryd begin en elke minuut van die seisoen gespeel.

Hy het ook die meeste punte in die liga aangeteken, met ‘n totaal van 154 punte. Sy volgehoue bydrae en uitsonderlike spel het ‘n groot rol in sy span se sukses gespeel.

Van Loggerenberg is verder vereer as Cullinan se agterlyn speler van die jaar, wat sy talent en toewyding verder onderstreep.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugby Unie, het tydens die toekenningsaand die toekenning aan Van Loggerenberg oorhandig.

“Dit is ’n groot eer om hierdie toekennings te ontvang. Ek is dankbaar vir my spanmaats, afrigter en almal wat my ondersteun het deur die seisoen,” het Van Loggerenberg gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button