Local newsNewsStreeknuus

Bronkies beplan boeredag met sports

"Ons wil ’n boeresport-geleentheid reël waarin spanne van verskillende besighede teen mekaar mag meeding op ’n vriendskaplike basis."

Die gemeenskap se spesiale geskenk aan die gemeenskap … dit is nou Bronkies Boeremark.

As jy elke eerste Saterdag van die maand in Cathystraat af ry tot doer onder waar dit doodloop by die rivier, sal jy Die Draai vind en dis hier waar die gemeenskap van Bronkhorstspruit heerlik saamkuier.

By die koffiestalletjie kry ou vriende ’n kans om die jongste nuus op te vang, terwyl vroulief rondsnuffel tussen ’n wye verskeidenheid van organiese seep.

Daar is vars groente en allerhande snuisterye, tuisgebak en Mirresyne, lekker koekies en wafels. Daar is eintlik te veel om op te noem.

“Vandeesmaand beoog ons om mense vrye teuels te gee om ’n slag lekker mededinging te wees vir hulle besigheidskompetisie, maar op ’n heel ander vlak: ons wil ’n boeresport-geleentheid reël waarin spanne van verskillende besighede teen mekaar mag meeding op ’n vriendskaplike basis,” het Lana Hitge vertel.

“So jy sien, eintlik is hierdie ’n mark wat jy glad nie mag mis nie, want jy wil mos kan saampraat wanneer die hele dorp agterna nie uitgepraat kan raak oor Bronkies Boeremark nie, of hoe sê ek nou?”

Gaan maak ’n draai op 7 Desember by Die Draai. Vir meer inligting, kontak Vasti by 083 225 8777.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button