Kinross VLU-tak reik uit na Marietjieskool
VLU soek vroue se ou handsakke vir projek.
Vroue van die Kinross VLU-tak het op 26 November gebreide en gehekelde elfies aan Marietjieskool vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes oorhandig.
Dié elfies wat die VLUvroue gemaak het, vorm deel van die VLU se Mpumalanga projek vir die jaar.
Die VLU projek vir volgende jaar is om handsakke uit te deel aan kwesbare vroue wat deur geweld geraak word.
Dié handsakke gaan met Bybels en toiletware gevul word.
Thea Potgieter, voorsitter van die Kinross VLU-tak, het gevra dat vroue hul ou handsakke aan die VLU sal skenk.
Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp boodskap aan Potgieter by 082 823 2728.
ALSO READ: Standerton baby diagnosed with a blood condition
ALSO READ: Community remember toddlers during activism march in eMbalenhle



