Local newsNewsStreeknuus

Vier Geloftefees hier

Vanjaar beloof die fees 'n unieke ervaring by verskeie plekke met betekenisvolle seremonies, geselligheid en geskiedkundige herdenkings.

Die Geloftefees word op 16 Desember regoor die land gevier en is ’n kans om Afrikaners se ryk erfenis te herdenk en tradisies lewend te hou.

Vanjaar beloof die fees ‘n unieke ervaring by verskeie plekke met betekenisvolle seremonies, geselligheid en geskiedkundige herdenkings.

• Balmoral
By die Salt & Pepper Saal op die Bronkhorstspruitpad word besoekers genooi na ’n tradisionele Geloftediens, insluitend verversings en ’n historiese kanonsaluut.

Die geskiedenis van die Gelofte sal vertel word, en daar sal geleentheid wees vir gemeenskaplike samekoms. Vir meer inligting, skakel 082 356 9602

• Bronkhorstspruit
Twee feesterreine bied verskillende, maar ewe betekenisvolle aktiwiteite aan. Die NG Nooitgedacht saal: Die oggend begin met samesang deur Pieter Rorke en sy orkes, gevolg deur die feesrede deur Hendrik Opperman en ’n Geloftediens gelei deur ds Uys.

Vir meer inligting, skakel Zandria Venter by 082 492 3970. Wagtenbietjieskop Feesterrein: Vanaf 13 Desember kan besoekers deelneem aan boeresport, kamp opslaan, en ossewarie.

Op 16 Desember is daar ’n Geloftediens, feesrede deur ds Jan Louis Tee, en ’n afsluitingsbraai. Bring jou eie eetgerei en geniet ’n dag van gemeenskap en saamkuier. Vir meer inligting, skakel Callie Geldenhuys by 083 391 1652.

• Cullinan
By die TLU Saal, net buite Cullinan, sal ’n kultuurprogram plaasvind met die kans om die Gelofte saam met ander te herdenk.

Verversings sal beskikbaar wees, en die dag sluit af met die sing van Die Stem. Vir meer inligting, skakel Edmund du Plessis by 072 921 5164.

• Kameeldrift
Die NG Kerk Kameeldrift bied ’n Geloftediens aan gelei deur ds Driaan Viljoen. Die dag sluit af met die vertoning van ’n dokumentêre film oor die Slag van Bloedrivier – ’n geleentheid om die geskiedenis werklik tot lewe te bring.

Vir meer inligting, skakel Coetzee Bester by 083 440 5968.

• Pretoria
Die Voortrekker Monument is die tuiste van ’n reeks aktiwiteite vanaf 12 tot 16 Desember, insluitend historiese demonstrasies, ’n feesrede, en die lees van die Gelofte. Die geskiedenis en betekenis van hierdie dag word op unieke maniere herdenk.

Vir meer inligting, kontak 072 849 8563.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button