Local newsNews

Standerton GPF-lede ontvang toekennings

Spesiale gaste het Thabang Motaung, MPL vir begroting en tesourie en Sindiswe Kubeka, gemeenskapsontwikkelingbestuurder van Seritimyn, ingesluit.

Kolonel Josias Afrika, stasiebevelvoerder van Standerton Polisie, het op 23 Desember die lede van die gemeenskappolisieëringsforum (GPF) vereer deur aan hul sertifikate van waardering te oorhandig.

Die geleentheid was by Moonlight Taverne in Thuthukani gehou.

Spesiale gaste het Thabang Motaung, MPL vir begroting en tesourie en Sindiswe Kubeka, gemeenskapsontwikkelingbestuurder van Seritimyn, ingesluit.

Volgens Kaptein Braam Robberts, kommunikasiebeampte van die Standerton SAPS, wou hulle hiermee die lede van GPF te bedank vir hul onbaatsugtige diens.


LEES OOK: Boy (9) drowns in river in eMbalenhle


“Die GPF is ’n integrale deel van polisieëring en ’n vennoot in die stryd teen misdaad wat deur vasberade en gedissiplineerde lede van die gemeenskap onder dikwels gevaarlike omstandighede gedoen word,” het Afrika gesê.

Volgens Afrika is baie lede van die GPF tans werkloos.

Hy het die verteenwoordigers van departemente en entiteite versoek om dié lede in gedagte te hou wanneer poste beskikbaar raak.

“Hulle toewyding en integriteit is reeds bewys,” het Afrika afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button