Local newsMunicipalNews

Rioollek benadeel bejaardes by ouetehuis op Standerton

Die probleem is al in Desember aangemeld.

Kosmos Aftreeoord het sedert die vroeë maande van 2024 ’n rioollek wat vir inwoners probleme veroorsaak.

Volgens administratiewe personeel op die perseel was die verstopte drein al talle kere gerapporteer en kon hul uiteindelik na maande se gesukkel ’n verwysingsnommer op die 19 Desember van verlede jaar verkry.

Sedertdien is geen pogings aangewend om die situasie uit te sorteer nie.

Personeel reken dié wat die ergste geraak word deur die drein is inwoners wat die woonstelle langsaan die lyndraad besit.

“Dit is ’n skande dat ons bejaardes so moet bly,” het André Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button