Local newsNewsStreeknuus

Delmas Bybeljoernaal vriendinne is gereed vir ’n opwindende 2025

“Ons gaan gedurende 2025 nog aan die vroue van die Bybel werk, saam met ander belangrike onderwerpe.”

Met die eerste klas van Delmas se 2025 Bybeljoernaal wat op 22 Februarie aangebied word, is die vroue slaggereed vir nog ’n jaar van kreatiewe uitlewing binne die konteks van die Bybel.

Almal is gretig om te weet wat vanjaar se klasse inhou en met die aanbieder Nitzi van Rensburg aan die stuur, glo die vroue dat klasse weer stampvol met kunstige uitbeeldings en leersame lesse vanuit die Bybel gevier sal word.

Gedurende 2024 was daar hoofsaaklik gekonsentreer op vroue vanuit die Bybel en kon die klasgangers hulle behoorlik inleef in verhale van Ragel, Eva, Maria Magdalena en vele meer.

Verlede jaar was ook op 14 Desember ’n feestelike noot in die saal van die NG Moedeegemeente afgesluit.

Dié dag se eerste klas was bestee aan Lydia en Priscilla en kon die vroue hulle kreatiwiteit met hope inspirasie rondom hierdie vroue van die Bybel in hul joernaal Bybels uitleef tussen krale, pêrels, kant en besielende boodskappe.


Bybeljoernaal vriendinne Ansa Oosthuizen en Ria van der Hoff.

“Na Priscilla en Lydia was almal taamlik honger en dors. Middagete was onbeskryflik, want Nitzi sou die volgende dag haar verjaarsdag vier en daar was ’n behoorlike fees voorberei,” het Ansa Oosthuizen vertel.

“Met ’n bordjie soet verleiding is ons terug na ons tafels vir die dag se tweede les.”

Tydens die les het die vroue die geleentheid gekry om hulself uit te beeld. Die jaar was afgesluit met ’n bonuspakkie vanaf Van Rensburg waarin die klasgangers met allerhande ekstras en geskenke bederf was.

“Dit was ’n besielende klas. Dit was ’n plesier om die vroue te bedien. Ons gaan gedurende 2025 nog aan die vroue van die Bybel werk, saam met ander belangrike onderwerpe,” het Van Rensburg laat hoor.

Alle vroue word uitgenooi om deel van die Delmas Bybeljoernaal vriendekring te word. Vir meer inligting kan Van Rensburg by 082 572 7367 gekontak word.


LEES OOK: Nkutha family welcomes Shongwe’s 9 life sentences in Secunda Regional Court

LEES OOK: Waste company caught dumping rubbish illegally in Secunda


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button