Local newsNews

Anika Lategan is SHS se top presteerder

Sy het haar hoërskool loopbaan voltooi met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89.4%.

Anika Lategan is die top presteerder in die 2024 matriek eindeksamen by Standerton Hoërskool. Sy het haar hoërskool loopbaan voltooi met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89.4%.

Anika het haar nasionale senior sertifikaat verwerf met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste additionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en geografie.

Sy het ’n liefde vir anatomie en lewenswetenskappe was haar gunsteling vak, waarin sy 90% op haar uitslae gekry het.
Soos baie ander matrikulante regoor die land, was Anika se grootste uitdaging wiskunde.

Hoewel hierdie struikelblok oor haar pad gekom het, het sy nie moed opgegee nie en spog met ’n eindpunt van 89% vir wiskunde. Anika se gunsteling onderwyser was Annanet Boshoff.

“Sy het ’n passie vir onderwys; haar liefde vir elke kind kom deur in die manier waarop sy klasgee en dit maak net ’n verskil,” het Anika gesê.


LEES OOK: Zonderwater in Cullinan conducted a successful search operation 


Wat lê voor vir Anika?

Haar droom is om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word en sy is van plan om aanlyn deur Milpark Universiteit te studeer.

Hoewel sy na die hoërskoolgees gaan verlang, het Anika reeds vroeër in Januarie by Van der Merwe Ouditeure begin werk.
Haar geheim tot sukses lê in haar geloof.

“Ek het my kant gebring en hard gewerk, maar God kry al die eer,” het sy gesê.

Aan haar jonger self sou sy sê slaap is ’n algemeen onderskatte prioriteit. Haar raad is om te slaap wanneer jy moet slaap en leer wanneer dit tyd is om te leer.

“As jy dit nie ’n gesonde slaappatroon ontwikkel nie, bou jy nie langtermyn geheue effektief op nie en jou studielading verminder dan met tyd,” het Anika afgesluit.



LEES OOK: Organisation tells community to be vigilant as Wellas River in eMbalenhle overflows

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button