CrimeLocal newsNews

Twee van Secunda bly steeds in aanhouding

Hof stel saak uit na 11 Februarie.

Zane Calitz en Christo Boshoff, die paartjie wat tereg staan op 14 aanklagtes van diefstal en bedorg, het op 13 Januarie weer in die streekhof op Evander verskyn.

Dié twee is op 18 Februarie verlede jaar in hegtenis geneem nadat hulle na bewering geld van mense ontvang het om sonpanele op te sit, maar nooit die werk gedoen het, of die geld terugbetaal het nie.

As inwoners hulle geskakel het om navraag te doen, is hulle glo gevloek.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle. Hul saak is uitgestel na 11 Februarie en die twee bly in aanhouding.




ALSO READ: eMbalenhle man dies defending grandad – still no arrests two years later

ALSO READ: Govan Mbeki Municipality responds, but AfriForum still has questions

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button