Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Heidi se oupa’s en ouma’s kuier

Brian Vorster van Eco Pilots in Pretoria het kom kuier en jonk en oud vermaak met sy verskeidenheid voëls.

Heidi Kleuterskool op Delmas het die oggend van 14 Februarie afgeskop met vrolike kleuters, piekniekmandjies en oupa’s en ouma’s.

Dit was hul jaarlikse grootouer kuierdag, maar vanjaar was dit ekstra spesiaal. Brian Vorster van Eco Pilots in Pretoria het kom kuier en jonk en oud vermaak met sy verskeidenheid wilde voëls.

Die kleingoed en grootouers het behoorlik aan Brian se lippe gehang.


Pieter, Annette en Zonnevern Cooks geniet die oupa- en ouma dag by Heidi Kleuterskool.

So speel-speel tussen massiewe pappegaaie, ’n hadida vol kwinkslae, twee uilsoorte, ’n valk en vele meer het Vorster vir die kleuters ’n opvoedkundige les oor verskeie voëlsoorte gegee.

Na afloop van Vorster se aanbieding het die groot pret begin en kon die kleingoed saam met oupa’s en ouma’s aan die spesiale piekniekmandjies se inhoud smul.

Riëtte Wheller, skoolhoof van Heidi Kleuterskool het Vorster bedank vir die interessante en leersame aanbieding asook elke grootouer wat die dag vir die Heidi kleuters spesiaal gemaak het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button