Local newsNews

VEK stig jeuggroep op Standerton

Die eregas vir die aand is Francois Boyce van Hoezit Samelewing.

Die Volle Evangeliese Kerk Kruisgenerasie (VEK) is trots om aan te kondig dat hul jeug groep Youth In Christ (YIC) op 8 Maart met ’n makietie gaan afskop.

VEK nooi gemeenskapslede, oud en jonk, uit na hierdie gratis geleentheid. Die eregas vir die aand is Francois Boyce van Hoezit Samelewing.

Die VEK gaan twee afsonderlike groepe hê om die gemeenskap se jeug toe te laat om ’n pad saam die Here te stap.

Tieners tussen die ouderdom van 12-18 sal by die kerk verwelkom word en die jonges vanaf die ouderdom van 18 sal op Dinsdagaande ontvang word.

“Die ouer groep het nie ’n ouderdomsbeperking nie. As jy voel jy is jonk is jy welkom om saam te kom kuier,” het Hillel Coetzer gesê.

Volgens Coetzer is die doel van hierdie groepe om jongmense se harte aan te raak en hulle toe te laat om ’n pad saam die Here te stap in ’n veilige omgewing.

“Dit is hoogtyd laat ons belê in ons jongmense se geestelikheid,” het Coetzer afgesluit.



LEES OOK: GMM downgrade hits councillors’ pockets

LEES OOK: Govan Mbeki mayor reshuffles mayoral committee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button