Local newsNewsStreeknuus

Pad na Pretoria – slaggate hou groot gevaar vir motoriste in

“Skielik was die massiewe slaggat op die N12-oorbrug voor my; ek was nie daarvan bewus nie en saans sien jy dit nie voordat jy reeds by dit is nie.”

Swaar en aanhoudende reën het die R50 provinsiale pad, in die rigting van Bapsfontein/Pretoria in die Delmas-omgewing vol slaggate gelaat en dit hou ‘n groot gevaar vir motoriste in.

Streeknuus het op 5 Maart die stukkende pad aangedurf nadat ‘n padverbruiker daaroor gekla het. Die pad was wél byna onrybaar, met die kante plek-plek reeds so weg gekalwe, verbrokkel en plek-plek tot sowat 300mm hoog dat dit eintlik as ‘n enkelbaan hanteer moet word.

Opmerklik was ook die swaar voertuie wat teen hoë spoed, in beide rigtings, op die R50 beweeg.

Sowat 10km buite Delmas in die draai by die Klipspruit was daar’n massiewe slaggat waar twee voertuie nie saam kan beweeg nie.


’n Pasiënt op die ongelukstoneel op die R50-pad net buite Delmas.

Jolene Rheeder, ‘n inwoner van Delmas, het vertel haar man, Chris, ry daagliks dié R50 na hul plaas toe.

“Volgens Chris moet hy vir veiligheid by die einste dippie stop – daar kan bloot nie twee voertuie veilig saam daardeur beweeg nie. Hy stop dus totdat die pad oop is en ry dan verder. En hy ry ‘n bakkie, vir gewone voertuie sou dit byna onmoontlik wees,” het Rheeder Streeknuus meegedeel.

Volgens Rheeder, wat die leier van AfriForum se Delmas Valke Buurtwag se eerstehulpspan is, was sy onlangs na ‘n mediese noodgeval op ‘n misdaadtoneel ontbied.

“Dit was donker, die weer was baie swaar en boonop het dit begin reën. Ons was onseker oor waar presies die beseerde hom bevind het.


LEES OOK: Lekwa visits Ext 8


“Skielik was die massiewe slaggat op die N12-oorbrug voor my; ek was nie daarvan bewus nie en saans sien jy dit nie voordat jy reeds by dit is nie. Die pad is gelukkig breed op die brug, ek kon rem en uitswaai. Ek het daardie aand so byna ‘n band op my voertuig verloor.”

Hierdie einste gedeelte van die R50 is ook baie berug vir ongelukke. ‘n Minibus-taxi met ‘n sleepwa en ‘n bakkie het juis omstreeks 15:30 op 11 Maart op die R50 gebots. Dié ongeluk het net na die N12-oorbrug plaasgevind.

Met Streeknuus se aankoms op die toneel was alle noodienste op die toneel.

Eerstehulplede van die Sundra Bulldogs sowel as Afriforum Delmas Valke Buurtwag, kon sommige passasiers op die toneel vir ligte beserings behandel voordat hulle per ambulans na hospitale vervoer is.


LEES OOK: Blood bank honours event organisers at event in Secunda


Volgens inligting het die 13 insittendes van minibus-taxi meestal ligte beserings opgedoen en so ook die bestuurder van die bakkie.

Die oorsaak van die ongeluk was teen druktyd nog nie bekend nie. Streeknuus kan wel bevestiging dat die kleiner, sowel as die grooter slaggate op die N12-oorbrug wel intussen gevul is.

“Ek is dankbaar dat die massiewe slaggat op die brug nou gevul is,” het Rheeder, wie ook op die ongelukstoneel was, Streeknuus meegedeel.

Teen druktyd kon daar steeds nie bevestig word of die massiewe slaggat binne die draai in die dippie by die Klipspruit gevul is nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button