Hoëveld VLU-lede hou konferensie
Vroue ryg pryse in by VLU konferensie en Rhona van Niekerk vermaak gehoor.

Gerda Büter van Standerton se VLU-Vaalriviertak is weer as die voorsitter van die VLU Hoëveldstreek verkies. Die VLU Kinross- en Devon-takke het hande geneem om op 6 Maart dié 30ste streekkonferensie aan te bied.Dié geleentheid het by die Evander Klub plaasgevind.
Oud-kapelaan van Secunda Polisie, Johan Smit, het die geleentheid geopen en die sanger, Rhona van Niekerk, het die vroue vermaak met haar sang.
Smit het oor seisoene van groei en verandering gepraat en gesê dit is deur verandering dat ’n mens se lewe betekenis kry.
“Volgens Genesis het God alles geskep; geniet elke asemteug wat God vir jou gee. Geniet en waardeer die seisoen waar jy tans in jou lewe is. Koester die mense wat jou ervaring help vorm het en steeds doen,” het Smit gesê.

Smit het verskeie Skrifgedeeltes aangehaal en gesê ’n mens se lewe ondervind gedurig tydperke van verandering en transformasie en dat verandering in ‘n mens se lewe onvermydelik is.
Van Niekerk het haar eerste enkelsnit treffer vanuit haar eie pen, Leef jou Rede asook ’n paar ander liedjies gesing. Lynette Posthumus van die Bethaltak is as die Hoëveld Vrou van die Jaar aangewys en Tertia Botha het met die verdienstelikheid trofee weggestap.
Posthumus het ook die skryfkuns afdeling op provinsiale vlak gewen. Rosa Black, voorsitter van Secunda het die meeste punte op ’n konferensie gekry (1 273 punte) en is ook die provinsiale, asook die streekkompetisiewenner.
Die vroue van die Vaalriviertak en die Kaalspruittak op Standerton het ook pryse by die konferensie opgeraap. Vaalrivier se Monica Swart het die tweede meeste punte op die konferensie behaal (953punte) en is as naaswenner van die provinsiale kompetisie aangewys.
LEES OOK: eMbalenhle small scale farmers harvest for market
Sy het ’n eerste plek op provinsiaal verwerf vir haar masjienwerk van ’n reslapkledingstuk vir ’n volwassene, ’n eerste plek op streekvlak in die beginnersafdeling vir blomme, ’n tweede plek op provinsiaal vir fotografie – tekstuur in die natuur, en ’n derde plek op proivnisale vlak vir die skryfkuns van haar kinderkortverhaal.
Büter het tweede geëindig op streekvlak met haar grondboondjiekraaklekkers en derde met Australiese kruisiesteek in die handborduur-afdeling. Haar tekstuur in natuur-fotografie het vir haar ’n provinsiale derde plek verseker.
Lenie Beukes ’n derde plek in die gevorderde klas virblommerangskikking behaal Die vroue van die VLU-Kaalspruit tak het ook die konferensie bygewoon en het pryse verwerf
Roz du Preez het ’n eerste plek en Le behaal met haar blommerangskikking in die gevorderde klas. Marietjie Swart het ’n eerste plek behaal vir gehekelde tekkies vir ’n kleuter en ’n tweede plek met haar kamerjapon vir ’n vrou. Maretha Kruger het ’n tweede plek behaal vir ’n skryfstuk wat sy ingedien het en Marinda Visser het ’n derde plek behaal vir enkoustiese waskuns.
LEES OOK: Incomplete hall left to rot in Ext 8, Standerton