Local newsNews

Louiza deel haar ondervinding in pleegsorg

“Ek is nie een dag spyt oor my lewenskeuses nie. Ek dank die Here vir die geleenthede wat ek gehad het en die liefde wat ek kon deel,” het sy afgesluit.

Louiza Botha het na ’n lewe vol reistogte regoor Suid-Afrika, by Zonstraal haar aftreeplek ontdek. Vir jare het Botha gewerk as ’n aflosbeampte vir Telkom, waar sy regoor die land getrek het en nuwe kennise opgedoen het.

Die 78-jarige het in 2016 haar passie vir kinders- vernaamlik weeskinders- ontdek by die kindehuis op Ermelo.

“Ek en my man kon nooit ons eie kinders hê nie, maar die kinders in my sorg was soos my eie,” het Botha verduidelik.

Sy was vir twee jaar ’n pleegsorg moeder vir talle kinders in Ermelo, voordat sy in 2018 aanbeweeg het na ‘n kinderhuis op Middelburg.

Botha verduidelik dit is moeilik om nie geheg te raak aan die kinders in haar sorg nie. Vir haar was die grootste seer om ’n gesiggie te groet wanneer hulle terugkeer na hulle ouerhuise.

“Dit was altyd vir my wonderlik om te sien hoe die kinders in ’n liefdevolle omgewing groei en die beste van hulle vermoë bereik,” het Botha gesê.

Sy verduidelik hoe trots sy was toe een van die kinders wat sedert hy drie jaar oud was in pleegsorg geleef het, matriek geskryf het. Sy het die kinders geleer van liefde en het talle kere liefde van die kinders terug ontvang.

“In oomblikke was liefde al wat ek vir die kinders kon gee. Hulle het by my aangekom met baie vrae oor hoekom hulle weggevat was vanaf hul ouerhuise en ek moes net vir hulle wys hoe regte liefde lyk,” het Botha gesê.

Sy meen as sy nie moes aftree weens haar ouderdom nie, sou sy steeds in pleegsorg betrokke wees.

Sy het tot vandag nog kontak met talle kinders wat in haar sorg was en die mure van haar huis op Zonstraal is versier met die gesiggies wat sy die voorreg gehad het om op te pas.

“Ek is nie een dag spyt oor my lewenskeuses nie. Ek dank die Here vir die geleenthede wat ek gehad het en die liefde wat ek kon deel,” het sy afgesluit.



LEES OOK: Raw sewage flows into Morgenstond Dam

LEES OOK: Morgenzon roads suffer widespread rot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button