Local newsNewsStreeknuus

VLU Delmas-tak kuier by die rolbalklub

“Om gebalanseerd te leef het ’n mens ontspanning ook nodig. Dis wat rolbal doen vir geestelike gesondheid, want ‘n mens vergeet van alles wanneer jy rolbal speel.”

Dit was weer tyd vir maandvergadering, maar VLU Delmas-tak het dit vir Maart so bietjie anders gedoen. Lede het op 18 Maart by Delmas Rolbalklub byeengekom en deur Dawie en Elsie Bredenkamp verwelkom.

“Ons het met ons spoggerige pienk hempies gehoop om ons hand aan rolbal te waag,” het die skakelbeampte, Magriet Swart, vertel.

Dawie moes egter om verskoning vra, want die rolbalbaan was met gif bespuit en gesny ter voorbereiding van die laaste skof van die besigheidliga, sowel as ’n groot distriksbyeenkoms.

Marié Terblanche, die voorsitster het almal welkom geheet en in besonder vir Elsie bedank vir die beoordeling. Lief en leed was gedeel en Ansie van Zyl was met haar verjaarsdag geluk gewens.

“Baie dankie Ansie vir jou waardevolle en spesiale bydrae tot elkeen van ons se lewens; altyd gereed om met raad en daad by te staan,” het Jané Oosterhuis, gesê.

Die gasvrouens was bedank vir heerlike eetgoed voorberei in lig van die dag se tema; gesondheid. Marié het ook elkeen wat gehelp het om van die onlangse konferensie so ’n sukses te maak, bedank.

“Die tak se ondersteuning maak my as voorsitter, se hande sterk.”

Marié het naas een streek, elke streekskonferensies bygewoon.

“Elkeen het sy eie karakter gehad, maar ek voel die Delmas geleentheid was baie stylvol. Ons tak het baie komplimente ontvang vir die ete wat ons vir die konferensie aangebied,” het Marie vertel.

Die gevolg is ander instansies het ons genader om spyseniering vir hulle funkies te behartig”. Tussendeur het Elsie die beoordeling van lede se mini-skou artikels behartig.


Dawie Bredenkamp demonstreer rolbaltegnieke.

Met dadels as die produk van die jaar, was daar dadelbrood, maar ook malvalekkers met geroosterde klapper, bak oortreksels met masjienborduurwerk,’n gehekelde selfoonsak en blommerangskikkings in hartvorm. Met haar kennis was Ria van der Hoff gevra om die spesiale blommerangskikkings se beoordeling te doen.

“Ria, bekend daarvoor dat haar hande vir niks verkeerd staan nie, het ook ’n groot liefde vir blomme. Sy was dus die geskikte persoon om die lede so bietjie meer oor blommeranskikkings te vertel,” het Swart gesê.

Dawie het die VLU lede ingelig rondom die ryk geskiedenis van Delmas Rolbalklub, onder andere dat die klub reeds in 1950 gestig was.

Die klubhuis was in 1971 gebou en op 28 April 1972 amptelik in gebruik geneem.

Bredenkamp het voorts vertel van die toenemende belangstelling onder die jeug om rolbal te speel en die van voordele vir die gesondheid vir jonk en oud en gesellige sosiale interaksie.


LEES OOK: SANBS launches #LifeGivas to inspire South Africa’s youth to become blood donors


“Om gebalanseerd te leef het ’n mens ontspanning ook nodig. Dit is wat rolbal doen vir geestelike gesondheid, want ‘n mens vergeet van alles wanneer jy rolbal speel,” het Dawie die vroue meegedeel.

Lede is ook van rolbal tegniese tegnieke vertel, die baie spesiale versorging wat ’n rolbalbaan verg en vele meer. Dawie het ook gesê Delmas se rolbalklub het tans 60 lede.

“Na Dawie se demonstrasies en noukeurige inligting, blyk dit of daar uit die VLU lede nog ’n paar aspirant spelers mag opduik,” het Swart bygevoeg.

Na ’n leersame en gesellige oggend by die rolbalklub het die vroue verdaag, vol moed en inspirasie vir die dag van môre.

Vroue wat belangstel om by die VLU Delmas-tak aan te sluit kan meer inligting by Marié Terblanche op 083 968 2203 bekom.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button