Herfsland-inwoners op Delmas kry mediese sorg met ’n tikkie omgee
Span bring meer as net ’n noodhulp tas na aftreeoord.
Die inwoners van die Herfsland Aftreeoord op Delmas het op 29 Maart besoek van die plaaslike eerstehulp span ontvang.
AfriForum Delmas Valke Buurtwag se span bring maandeliks ‘n besoek aan Herfsland.
Tydens die besoeke word die inwoners se bloeddruk, suurstof, suiker en gewig gemonitor om seker te maak dat hul bestaande mediese toestande nie versleg of geen nuwe kwale ontstaan nie.
Die inwoners wat nie meer kan beweeg nie, moeilik beweeg of bedleênd is, word in hul woonstelle besoek vir hul roetine toetse en ’n opbeurende geselsie.

Die span, onder leiding van Jolene Rheeder, bring nie net hul noodhulp tasse na Herfsland nie, maar ook ’n gewillige oor om te luister, te gesels en raad te gee.
Tydens hul pas afgelope besoek het Cherese en Danielle Meyer ook gesorg vir lekker-luister musiek en elke inwoners is met ’n paaseier bederf.
Dié musiek het toe sommer ook spontaan vir ’n danspassie of twee onder die inwoners gesorg. Die opsigterspaar, Buks en Susan Hattingh, het hul dank uitgespreek teenoor die span.
“Dankie, vir julle omgee, liefde en bederf van ons inwoners, dit word opreg waardeer,” het Buks gesê.
LEES OOK: Cleaning up Bronkies’ taxi rank is a team effort
LEES OOK: Polisie praat met Bethal VLU oor veiligheid




