Local newsLocal sportNewsSchools
SHS rugby leer nuwe vaardighede
Die span het al drie hul wedstryde gewen en ’n prys vir beste gedrag ontvang.
Die Standerton Hoërskool o16-rugbyspan het in die skoolvakansie by die Amajuba Sportweek in Volksrust uitgeblink.
Die span het al drie hul wedstryde gewen en ’n prys vir beste gedrag ontvang.
JJ Engelbrecht is aangewys as voorspeler van die toernooi en Duan Botha as beste agterspeler.
Terwyl dié seuns weg was op toer, het die o14- en o15-spanne deelgeneem aan die SHS rugbykliniek op 4 en 5 April.
Lede het hul vaardighede verbeter en voorberei vir die seisoen saam met lede van Eight 7 Rugby.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



