Delmas se Bybel Joernaal-vriendinne kuier saam
Rebekka se storie kon op kreatiewe wyse in die joernaal Bybels se Genesis-hoofstukke vasgevang word.
Delmas se Bybel Joernaalklas, onder leiding van Nitzi van Rensburg, met behulp van haar man Fanie, het op 12 April in die saal van die NG Moedergemeente op Delmas plaasgevind.
Daar was die getroues wat die Delmas Bybel Joernaal-pad vir byna sewe jaar saam met Nitzi stap en nuwe vriendinne wat die klasse vir die eerste keer bygewoon het.
Fanie se ‘winkel-goedjies’ was weer op tafels uitgestal en die vroue kon daar benodighede aankoop vir die dag se klasse.
Joernaal Bybels, skêre, gom, verf, kant, lint en ‘bling’ in elke kleur en vorm was beskikbaar.
Ná Nitzi die dag se klasse met gebed geopen het, het sy die eerste klas verduidelik wat oor die Paastyd gehandel het – meer spesifiek oor die lydingstydperk, kruisiging en opstanding van Jesus Christus.
LEES OOK: Average dam levels in Mpumalanga exceed 100%
Die klas-materiaal was uitgedeel en die vroue het in gemoedelike stemming geknip, geplak en joernaal Bybels versier en idees uitgeruil.
Na afloop van ’n gesellige middagete, was dit weer die beurt van een van die vroue van die Bybel. Rebekka se storie kon op kreatiewe wyse in die joernaal Bybels se Genesis hoofstukk vasgevang word.
Elkeen by die dag se verrigtinge het dit eens dat die dag weer baie vreugde, samesyn, inspirasie en hope vreugde ingehou het.
Vroue wat belangstel om Delmas Bybel Joernaal-klasse by te woon of meer daaroor wil uitvind, kan Nitzi by 082 572 7367 skakel.
LEES OOK: Mixed feelings over proposed new filling station for Delmas









