Die Koinonia Christelike Kerk het op 12 April ’n vroue-oggend met Natasha Joubert as gasspreker aangebied.
Plaaslike motiveringsspreker, Marile van Zyl, was die ander gasspreker en dié geleentheid het in Laerskool Goedehoop se saal plaasgevind.
Die tema vir die oggend was ‘Bewaar jou Hart’ en van Zyl het gesê vroue het die geleentheid gehad om weer opnuut hul harte te deursoek en aan die Here al die lof en aanbidding te gee.
Sy het elke gasvrou wat dié oggend moontlik gemaak het, bedank.
LEES OOK: Lekwa says ‘no more’ to electricity theft
LEES OOK: Tweeling misdaadbestrydersvertel hul unieke verhaal
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



