Local newsNews

Gemeenskap van Secunda maak treintjie se spoor reg

Die gemeenskap het op 19 April die Secunda Steamersklub gehelp om die omgewing by die Eendedam skoon te maak. Die Secunda Steamers treintjie staan al sedert Januarie vanjaar daar toe ’n stuk van die treinspoor meegesleur is na die Eendedam oorgeloop het weens die baie reën. Een van die lede van die Secunda Steamers, Frik …

Die gemeenskap het op 19 April die Secunda Steamersklub gehelp om die omgewing by die Eendedam skoon te maak.

Die Secunda Steamers treintjie staan al sedert Januarie vanjaar daar toe ’n stuk van die treinspoor meegesleur is na die Eendedam oorgeloop het weens die baie reën.

Een van die lede van die Secunda Steamers, Frik Lacante, en sy span vrywilligers, ondernemings wat hul mannekrag en hulpbronne beskikbaar gestel het en AfriForum het skoongemaak tot op die plek waar die spoor meegesleur is.

Hulle het gras gesny, reelings by die treinstasie geverf en Lacante het die afgelope naweek met verskeie mense gepraat oor die pad vorentoe.


LEES OOK: Family in Standerton moves into allocated home after 4-year wait


“Ek kort nou iemand met meer kennis in ingenieurswese as ek,” het Lacante gesê.

“So iemand sal moet help en raadgee oor hoe ons die spoor op so ’n manier kan regmaak sodat dit nie weer wegspoel as die dam sy walle oorstroom nie, veral as die dam so vol hiasinte is.”

Vroue het die graffiti teen die mure by die badkamers toegeverf en seker gemaak die badkamers is skoon en netjies.

Lacante het almal bedank wat gehelp het en dié inisiatief ondersteun het. Vir meer inligting, of om betrokke te raak, skakel Lacante by 073 779 5028.


Heilene Marsh, Francina Mthombeni en Catherine Dormehl maak die badkamers skoon by die Eendedam as deel van die Secunda Steamers projek om dié gebied weer op te knap.


LEES OOK: Enpower Machite shines light on Bethal and eMzinoni electricity supply

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button