Skole op Bethal ondersteun uitdaging om bloed te skenk
Laerskool HM Swart kry splinternuwe watertenk.
Laerskool HM Swart het onlangs tydens die Bethal GPF en die bloeddiens se projek, ’n watertenk gewen.
Die GPF het skole op Bethal uitgedaag om vanaf 8 tot 15 April aan ’n uitdaging deel te neem om te kyk watter skool kan die meeste bloed skenk.
Altesaam 351 eenhede bloed is ingesamel en die watertenk ter waarde van R12 500 was op die spel.
Laerskool Marietjie van Niekerk was net ’n kortkop op Laerskool HM Swart se hakke en het ook baie eenhede bloed ingesamel.
Die bloeddiens se gelukbringer, ‘Blood Buddy’ het op 12 April in die dorp rondgeloop en mense aangemoedig om te gaan bloed skenk.
Mense kon ’n foto saam met ‘Blood Buddy’ neem en sodoende vyf bonus punte vir hul skool verdien.
Die ander skole wat aan dié uitdaging deelgeneem het, sluit in Bethal Independent School, Tadashi Academy, MD Coovadia School, Hoërskool Hoogenhout, Young Harvest Christian School en Wonderland Kleuterskool.
Die organiseerders van die GPF en die bloeddiens, het almal wat dié inisiatief ondersteun het, bedank.
LEES OOK: Police in Charl Cilliers nab trio for stealing maize
LEES OOK: Mixed feelings over proposed new filling station for Delmas



