Local newsNews

AfriForum sny gras en help Secunda Steamers

Ondersteun organisasie se voortdurende projek.

AfriForum het in April voortgegaan met hul skoonmaakaksie toe hulle Secunda Steamers gehelp het om die gebied rondom die treinspoor skoon te maak en gras te sny.

AfriForum se span werkers en vrywilligers het ook die gras in groot dele van Nelson Mandela Rylaan tot by Voortrekkerstraat en Silkaatzkop gesny aan beide kante van die pad.

Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum Secunda-tak het die geemenskap om verskoning gevra dat hulle een baan toemaak terwyl hulle gras sny, maar het gesê dit is vir die werkers se veiligheid.

Dit kos AfriForum sowat R40 000 maandeliks om gras te sny en Du Plessis het mense aangemoedig om hulle te ondersteun deur ’n bydrae te maak.

“Die gemeenskap is welkom om betrokke te raak en ons ook te kom help gras sny.”

Du Plessis het al hulle borge en ondernemings wat vragmotors of bakkies beskikbaar gestel het of ’n finansiële bydrae gegee het, bedank.

Vir meer inligting, skakel Du Plessis by 061 731 3581.




ALSO CHECK: Lekwa announces proposed tariffs

ALSO CHECK: Standerton’s Ext 8 cries for water

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button