AfriForum kikker Standerton se skougronde op
Leon Enslin, voorsitter, en sy span het die lang gras op die gronde gesny en verwyder.
Die AfriForum Standerton-tak het op 29 April begin om die Standerton Skougronde voor te berei vir die Standerton Skou.
Leon Enslin, voorsitter, en sy span het die lang gras op die gronde gesny en verwyder.
Volgens André du Plessis, adjunk-president van die skoukomittee, sou dié taak oorspronklik tussen R10 000 en R12 000 gekos het, maar danksy AfriForum se borg van hul arbeid en toerusting, was die saak vining afgehandel.
Verdere planne om die skougronde te herstel, insluitend planne om die gaping tussen die sportgronde en sementblad in te vul en te beveilig vir skougangers word binnekort aangepak.
Die Standerton Landbouskou vind vanjaar vanaf 11 tot 13 September plaas en skougangers kan verwag dat die skougronde in top toestand sal wees danksy die samewerking tussen AfriForum en die skoukomitee.
LEES OOK: 2 Leandra police officers in court over corruption and assault charges
LEES OOK: Bekende in Delmas se veiligheidskringe verloor so byna sy sig



