Local newsNewsStreeknuus

Onverwacht Laerskool met ’n groot geskenk geseën

“Wanneer ’n skool trots het in sy voorkoms en fasiliteite, kweek dit dieselfde houding by sy leerders.”

Onverwacht Laerskool op Cullinan het onlangs ’n welkome toevoeging tot hul nuut voltooide administratiewe blok ontvang.

Raadslid Johannes Bekker, bekend vir sy betrokkenheid by en omgee oor plaaslike ontwikkeling, was die borg agter hierdie geskenk aan die skool.

“Ek glo dat die gordyne, spesiaal gemaak in die skool se kleure, warmte en styl aan die gebou verleen,” het Bekker gesê.

“Dit sal Onverwacht Laerskool se ontvangsgebied, kantoor en personeelkamer afrond. Dit simboliseer baie meer as net bloot dekor – dit dra ook by tot die kultuur van trots, orde en samehorigheid in die skool.”

Bekker het voorts gesê dat skooltrots ’n belangrike rol speel in die vorming van leerders se identiteit en houding tenoor hul werk, gedrag en hul skoolgemeenskap in geheel.


Cedric Marais, skoolhoof van Onverwacht Laerskool en raadslid Johannes Bekker.

“Wanneer leerders sien dat daar moeite gedoen word om hul omgewing mooi en funksioneel te maak, ontwikkel hulle ’n gevoel van waardering en verantwoordelikheid.

“Dit bevorder dissipline, toewyding en ’n positiewe gesindheid – boustene vir sukses, binne én buite die klaskamer,” het Bekker bygevoeg.

Volgens Bekker is sulke bydraes noodsaaklik om ’n positiewe leeromgewing te bevorder.

“Wanneer ’n skool trots het in sy voorkoms en fasiliteite, kweek dit dieselfde houding by sy leerders. Dit is ’n belegging in selfrespek en toekomsdrome,” het Bekker afgesluit.

Die skoolhoof van Laerskool Onverwacht, Cedric Marais, het namens die personeel en leerders en sy waardering en dank teenoor Bekker uitgestpreek.



LEES OOK: Bowling women roll to success in Standerton

LEES OOK: Try frenzy as Sasol 1 scores 17 tries in match played in Secunda

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button