VLU Bethal-tak oorhandig genadesakke
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.
Die vroue van die VLU Bethal-tak het op 20 Mei vergader waar Ilse Cronjé, een van die lede van dié tak, die spreker was en grappies vertel het.
Dié tak het ook genadesakke wat hulle vir vroue wat deur gesinsgeweld geraak is en moes vlug, ingesamel het aan Maruné van Vreden, maatskaplike werker op Bethal, oorhandig.
Dié projek is deel van die VLU Mpumalanga jaarlikse projekte, met die doel om ’n verskil in vroue se lewens te maak. Die sakke bevat toiletware en ’n Bybel.
Die VLU Bethal-tak hou hulle volgende vergadering op 17 Junie by die NG Kerk Bethal-Oos-gemeente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.
LEES OOK: Onverwacht Laerskool met ’n groot geskenk geseën
LEES OOK: Secunda teen wins two titles in Turkey



