Local newsLocal sportNews
Rolbalspelers van Secunda presteer
Lanie Nel en Erica Ferreira behaal plekke.
Plaaslike rolbalspelers van die Sasol Rolbalklub, Lanie Nel en Erica Ferreira het behoorlik uitgeblink by die Mpumalanga Enkels Rolbalkampioenskap op 31 Mei.
Nel het tweede onder die mans in die ope-afdeling geëindig en ’n silwer medalje ingepalm terwyl Ferreira derde onder die vroue geëindig het en ’n brons medalje ingepalm het.
Die mans se enkelskampioenskap het op Secunda plaasgevind terwyl die vroue op Ermelo meegeding het. Die top agt mans- en vroue-rolbalspelers in Mpumalanga het kragte gemeet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



