Local newsLocal sportNews

Posduifklub op Secunda se duiwe ding mee in wedvlugte

Duiweboere se duiwe vlieg veskeie plekke los.

Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het presteer tydens twee onlangse wedvlugte. Die duiwe het op 7 Junie vanaf Winburg in die Vrystaat, terug na hul onderskeie huise op Secunda en omgewing gevlieg en in die jong voëls-afdeling, was dit een van Boeta & Duppie se duiwe wat gewen het.

Van hul duiwe het ook ’n vyfde, agtste en 10de plek behaal terwyl Eiber & Neethling se duiwe behoorlik uitgeblink het en tweede, derde, vierde en negende plekke behaal het.

Een van die Steyn Familie se duiwe het sesde en een van Allison Bros se duiwe sewende geëindig in dié afdeling.

In die ope-afdeling was dit weer eens een van Boeta & Duppie se duiwe wat gewen het terwyl Eiber & Neethling se duiwe tweede, vierde, vyfde en 10de plekke behaal het.


A man with a beard and glasses holding a dove.
Gunther Eiber met een van sy kampioenduiwe.

Alison Bros se duiwe het derde, sesde en sewende plekke behaal terwyl een van Vlakspruit Boerdery se duiwe agtste geëindig het en een van die Steyn Familie se duiwe negende.

Op dieselfde dag het duiwe van die Sasol Posduifklub ook vanaf Wolmaranstad in die Noord-Wes, huis toe gevlieg en dié keer was dit een van die Steyn Familie se duiwe wat die wedvlug gewen het, terwyl hul ander duiwe sewende en agtste plekke behaal het.

Eiber & Neethling se duiwe het tweede en 10de plekke behaal terwyl Allison Bros se duiwe behoorlik uitgeblink het en derde, vierde, vyfde en negende plekke ingepalm het.

Een van die Kotze-gesin se duiwe het sesde geëindig.


LEES OOK: Boy from Secunda faces new health setbacks as family seeks second opinion


Die duiwe het op 14 Junie weer meegeding, dié keer het hulle vanaf Verkerde Vlei in die Vrystaat gevlieg en in die jong voëls-afdeling, was dit een van Eiber & Neethling se duiwe wat gewen het. Hulle duiwe het ook tweede, derde, vierde, sesde, agtste en 10de plekke behaal.

Een van Boeta & Duppie se duiwe het ’n vyfde plek behaal, een van Allison Bros se duiwe ’n sewende plek en een van die Steyn Familie se duiwe ’n negende plek.

In die ope-afdeling was dit een van Allison Bros se duiwe wat gewen het terwyl haar ander duiwe tweede, derde, vierde, agtste en 10de plekke behaal het.

Eiber & Neethling se duiwe het vyfde, sesde en sewende plekke behaal terwyl een van die Steyn Familie se duiwe ’n negende plek behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button