Nagmerriepoppe beveilig Standerton-inwoner se erf
Lydia Roets het dié interessante sekuriteitstelsel op haar erf aangebring wat jou skrik op die lyf sal jaag of ten minste twee keer sal laat kyk.
Wie klim daar die boom? Probeer hulle inbreek? Moet ek dit rapporteer? Dit is die vrae wat deur jou kop sal hardloop wanneer jy verby die Roets-gesin se erf ry, waar twee lewensgrootte poppe op vreemde maniere op die erf opgestel is.
Lydia Roets het dié interessante sekuriteitstelsel op haar erf aangebring wat jou skrik op die lyf sal jaag of ten minste twee keer sal laat kyk.
Roets het verlede jaar dié poppe gemaak vir ‘n parkrun-byeenkoms en het dit oorspronklik gehou om ‘n poets op haar man, Koos, te bak.
Dié poppe het gou ‘n permanente instelling op Roets se erf geword. Die lewensgrootte “manpop” hang tans in ‘n boom, terwyl ‘n pop so groot soos ‘n klein kind op die posbus rus.

Roets het die poppe gemaak uit lappe, sakke, ou gordyne, kussingslope, ou klere en enige ander ditjies en datjies wat in die huis rondgelê het.
“Vandat die poppe opgestel is, het talle mense wat verby ry al teruggedraai om weer te kyk,” het Roets verduidelik.
Heel per toeval het dié poppe ook Roets se erf beveilig.
Sy het verduidelik dat die poppe maak dat geen voetganger naby aan haar erf kom nie. Die gesin kan lekker saam giggel oor die vreemde poppe wat oral oë laat trek.
LEES OOK: Secunda VLU-lede leer papier-borduurtegnieke
LEES OOK: Community calls out Govan Mbeki Municipality over dangerous pole





