Local newsNews

Secunda VLU-vroue neem deel aan handsak-projek

Belangstellendes is welkom om die VLU se volgende vergadering op 6 Augustus by te woon.

Vroue van die plaaslike VLU-tak het op 23 Julie bymekaar gekom en genade handsakke gepak vir die Mpumalanga VLU se jaarlikse projek.

Met dié projek maak die VLU handsakke bymekaar en vul dit met nodige toiletware wat ’n waslap, seep, ’n tandeborsel en tandepaste, ’n handdoek en ’n haarborsel insluit.

Dié handsakke sal later aan vroue wat mishandel is, uitgedeel word of geskenk word aan ’n plek wat sulke vroue help.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 6 Augustus om 09:00 by Davieshof en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Rosa Black by 082 586 9638 of Anél Pretorius by 076 249 3902.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button