Santa Vermaak groet Secunda na 47 jaar en Famsa na 13 jaar. Sy het die afgelope sewe jaar die stoel as voorsitter van Famsa se bestuur vol gesit.
Vermaak het in 2012 by Famsa betrokke geraak toe die aktrise en motiveringsspreker, Natasha Sutherland, Secunda besoek het en tydens haar toespraak, mense aangemoedig het om by Famsa betrokke te raak.
“Ek het eers as vrywilliger betrokke geraak en saam gegaan op uitreike na eMbalenhle en gehelp om kos te maak,” het Vermaak vertel.
Sy was, as deel van Famsa, by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke en het tieners bemoedig.
Dit was vir haar vervullend om diensbaar te kon wees in die gemeenskap en te kon sien hoe Famsa se projekte families bymekaar bring en bymekaar hou.
LEES OOK: Secunda court postpones concealment of birth case
Voordat sy die voorsittersstoel ingeneem het, was Vermaak eers adisisonele lid op Famsa se bestuur en later het sy die ondervoorsitter geword en bietjie gehelp met die finansies.
Vermaak en haar man, Johan, verhuis in September na ’n aftree-landgoed in Mookgophong (Naboomspruit).
“Secunda en Sasol was goed vir ons, ons het in die 47 jaar baie lekker gebly hier,” het Vermaak gesê.
Sy sien uit na hul nuwe hoofstuk om in die bosveld te kan woon.
“Ons is bosvelders en wil daar meer gaan stap, voëls kyk, in die Waterberge gaan rondry, fotografie beoefen en piekniek hou.”
LEES OOK: Court delays bail ruling in murder case against young man from eMbalenhle



