Local newsNews

VLU Delmas-tak bemeester die eeu-oue kuns van smokwerk

Die vroue het ’n opbouende en inspirerende oggend saam met vriendinne met eenderse belangstellings geniet.

Lede van die VLU Delmas-tak het op 12 Augustus hul gewone maandelikse bymekaarkomplek vir Die Deli verruil. Die voorsitter Marie Terblanche het die vergadering geopen met ’n vertelling oor die olieman.

Dié het orals waar hy gegaan het, ’n kannetjie olie saamgeneem en onder andere krakende hekke stilgemaak. Op dié manier het hy die gemeenskap en omgewing positief verander.

“Met ’n verdraagsaamheid in ’n onverdraagsame wêreld, geduld in gejaagdheid, ’n bietjie aanmoediging wanneer die lewe druk, kan mens die lewe vir ander makliker maak – elke persoon het sy eie stryd wat hy die hoof moet bied, en net die erkenning van ’n persoon maak dit beter,” het Terblance gesê.

Met Ansie van Zyl as die sameroeper was die formaliteite getakel, gasvroue bedank en verjaarsdagwense gedeel. ‘n Nuwe lid, Lenike Prinsloo en die gas, Carina Nel was hartlik verwelkom.


Ansie van Zyl met ’n smokrokkie. Foto: Verskaf

Met lief en leed gedeel, was dit tyd vir opgewonde gesels rondom die kongres wat voorlê met toneelstukke, interessante gasprekers en Ruan Josh as gaskunstenaar.

Met die vergadering formaliteite agter die rug was dit tyd vir gesellig saameet waarna Ansie van Zyl se smokwerkswinkel afgeskop het.

“Ons was vertel dat smokwerk baie gewild was in die 1870’s,” het Magriet Swart, die skakelbemapte laat hoor. “Met katoen as geskikte materiaal word dit getrek om plooitjies te maak.”

Van Zyl het vertel die metode is geskik vir veral babaklere, maar kan ook vir ander geleenthede aangewend word. Sy het verder vir elke vrou ’n lappie voorberei en verduidelik dat dit noodsaaklik is om ’n monster te maak van die patroon wat beplan word.


Die gasvroue Eileen Putter, Marié Terblanche en Marilyn de Meyer tydens die VLU Delmas-tak Augustus vergadering. Foto: Verskaf

“Met ’n smokbed het sy gare deurgetrek op elke monster. Ons moes die hele lappie bymekaartrek sodat die plooitjies kan opstaan en ditdaarna vaswerk,” het Swart vertel.

By wyse van Van Zyl se leiding het die vroue dié kuns bemeester.

“Ons het weer eens ’n opbouende en inspirerende oggend saam met vriendinne met eenderse belangstellings geniet,” het Swart bygevoeg.

“Ons nooi alle dames om ’n oggend saam te kom kuier en uit te vind hoe jy ’n verskil aan jouself en die gemeenskap kan maak.”

Belangstellende vroue kan vir Marie Terblance op 083 968 22023 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Thia Botha

My journey as journalist in the Delmas area for Streeknuus began in December 2018. Over the past six years I have learned a lot about my community, its people, schools and organisations. What a privilege to have been part of Delmas as kykNET’s town of the year award in 2023 and to follow each and every step of the journey.

Related Articles

Back to top button