Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Drie van Delmas vaar goed by Kampioen van Kampioene

Christelle Boshoff en Barney Lategan het silwer-medaljes in die enkelspelle vir beginners verower, en Mybert Visser is met brons in die mans-ope beloon.

Delmas Rolbalklub spog met verskeie spelers wat jaarlikse Kampioen van Kampioene-kompetisie van die Ekurhuleni-distrik uitgeblink het.

Tydens dié kompetisie speel al die klubkampioene van die klubs in die distrik teen mekaar vir die gesogte Kampioen van Kampioene-titel in hulle dissiplines.

Die kompetisie het vanjaar op 6 en 7 September by die rolbalbane van Heidelberg, Brackenhurst, Alberton en Edenvale plaasgevind.

Delmas se spelers wat na die Kampioen van Kampioene deurgedring het, was Mybert Visser (mans-opekampioen), Hanri Ehlers (vroue-opekampioen), Christelle Boshoff (vroue-beginnerskampioen), Barney Lategan (mans-beginnerskampioen), Dawie Bredenkamp (mans-veteranekampioen) en Suzette Botes (vroue-veteranekampioen).

Boshoff en Lategan het silwer verower, terwyl Visser ’n bronsmedalje opgeraap het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button