Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Drie van Delmas vaar goed by Kampioen van Kampioene

Christelle Boshoff en Barney Lategan het silwer-medaljes in die enkelspelle vir beginners verower, en Mybert Visser is met brons in die mans-ope beloon.

Delmas Rolbalklub spog met verskeie spelers wat jaarlikse Kampioen van Kampioene-kompetisie van die Ekurhuleni-distrik uitgeblink het.

Tydens dié kompetisie speel al die klubkampioene van die klubs in die distrik teen mekaar vir die gesogte Kampioen van Kampioene-titel in hulle dissiplines.

Die kompetisie het vanjaar op 6 en 7 September by die rolbalbane van Heidelberg, Brackenhurst, Alberton en Edenvale plaasgevind.

Delmas se spelers wat na die Kampioen van Kampioene deurgedring het, was Mybert Visser (mans-opekampioen), Hanri Ehlers (vroue-opekampioen), Christelle Boshoff (vroue-beginnerskampioen), Barney Lategan (mans-beginnerskampioen), Dawie Bredenkamp (mans-veteranekampioen) en Suzette Botes (vroue-veteranekampioen).

Boshoff en Lategan het silwer verower, terwyl Visser ’n bronsmedalje opgeraap het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button