Local newsLocal sportNews

Wedvlugduiwe ding mee vanaf Burgersdorp na Secunda

Duiwe vlieg vanaf Oos-Kaap huis toe.

Lede van die Sasol Posduifklub het op 13 September met hul duiwe meegeding in ’n wedvlug vanaf Burgersdorp in die Oos-Kaap.

Een van Allison Bros se duiwe het die eerste wedvlug gewen, en hulle ander duiwe het tweede en agtste geëindig.

Een van Mike en Jana du Toit se duiwe het derde geëindig, terwyl Boeta & Duppie se duiwe vierde, sesde en 10de plekke behaal het.

’n Duif van die Steyn-familie het vyfde geëindig, en Koot Meyer se duiwe het sewende en negende plekke losgevlieg.

In die tweede wedvlug op dieselfde dag, ook vanaf Burgersdorp, het Koot Meyer se duiwe die eerste vier plekke en ook ’n sesde plek losgevlieg, terwyl Boeta & Duppie se duiwe vyfde, sewende en 10de plekke behaal het.

Een van die Steyn-familie se duiwe het agtste geëindig, terwyl een van Mike en Jana du Toit se duiwe negende geëindig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button