Bertus Nel, Mark Nortjé, en Riaan en Ronel Starbuck reg om af te slaan.
Foto: Verskaf
Mark Nortje en Bertus Nel het op 13 September Standerton Hoërskool se jaarlikse gholfdag gewen. Hulle het die oorwinning behaal met ’n puntestand van 56.
Altesaam 32 twee-spelerspanne het dié dag die baan betree en geveg vir die eerste plek. Stephen en Sonja Nortje was tweede met 54 punte.
Wessel van der Merwe en Gert du Preez het 53 punte op hul telkaarte ingevul en het derde plek behaal. Aldo Arnaldi en Patrizia Lombard was vierde met 52 punte, en Riaan en Ronel Starbuck was vyfde met 50 punte.
Francois Schlebush het die prys gewen vir naaste aan die pen op putjie twee en 11. Janko de Klerk was naaste aan die pen op putjies agt en 17.
Patrizia Lombard het die langste dryfhou onder die vroue behaal, en Jacques Erasmus het die langste dryfhou onder die mans gespeel.
Aldo Arnaldi en Patrizia Lombard neem die vierde plek in. Foto: Verskaf
Wessel van der Merwe en Gert du Preez het 53 punte verkry. Foto: Verskaf
Sonja en Stephen Nortjé saam met Pierre Marais. Foto: Verskaf
Bertus Nel en Mark Nortje saam skoolhoof, Pierre Marais. Foto: Verskaf
Bertus Nel, Mark Nortjé, en Riaan en Ronel Starbuck reg om af te slaan.
Foto: Verskaf
Casper Roux, Jore Nortjé, Patrizia Lombard en Aldo Arnaldi is gereed vir die baan. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.